Press Office
2011 Archive
- Dec 01. Chairman's Report 2011
- Dec 01. Art and Glass Sparkle at Strauss & Cos Cape Town Auction in February
- Nov 07. South African art records continue to be broken
- Oct 15. Gerard Sekoto at the Pinnacle of his Career
- Oct 14. Will tallest Sithole break new auction records?
- Sep 26. Strauss continues to set new South African art records
- Aug 29. Stunning Stern comes to the market
- Aug 23. Stunning Stern leads the field at Strauss & Co's Cape Town auction in September
- Jul 21. Over R718 000 raised for art bursaries at Michaelis
- Jul 05. ALUMNI AND STAFF EXHIBITION and AUCTION Michaelis School of Fine Art, University of Cape Town
- May 20. Greater Strength and Variety in the Art Market
- Apr 14. Good Value in Quality Art at Strauss & Co
- Apr 13. Pieter Wenning, an underrated artist
- Apr 01. Flower name raises over half a million
- Mar 16. Art beats JSE Index
- Mar 08. An expensive cup of coffee
- Feb 03. Two Early Cape Paintings
- Jan 28. Two milestones in South African Art back under the hammer
- Jan 21. Collectors spoilt for choice at Strauss & Co's Cape Town auction in March
Geheimsinnige tjellis in Stern se skildery ná 68j. geïdentifiseer
May 15, 2011 [ Archived ]
Sy onthou die tjellis in Irma Stern se skildery met dieselfde naam "as iemand wat 'n bietjie down and out was". Só het die bejaarde vrou van Johannesburg wat die model in Stern se "verlore skildery" as die briljante musikant Vera Poppé herken het aan Rapport vertel.
Die tjellis is 68 jaar gelede deur Stern geskilder. Dit was 40 jaar “weg” en het eers onlangs weer in die mark opgeduik.
Niemand het geweet wie die tjellis in die skildery is nie… tot die 76-jarige me. Larna Bronstein na vore gekom het met die antwoord.
Bronstein, ’n afgetrede bibliotekaresse, het die afgelope week in haar huis in Saxonwold, Johannesburg, vertel sy het Poppé dadelik herken toe sy Stern se skildery in ’n katalogus van die afslaer Strauss & Kie. sien wat aan haar gepos is.
Sy was slegs agt jaar oud toe Poppé een aand in 1943 in haar ouerhuis in Hermitagelaan in die Kaapse woonbuurt Rosebank die tjello vir gaste bespeel het.
“Sy het op uitnodiging van my ouers, Ben en Cecilia Jaffe, kom speel… Irma (Stern) was ook daar,” het Bronstein vertel. “My ouers was nie uitsonderlik ryk nie, maar was mal oor kuns. Irma Stern was, soos soveel ander kunstenaars van die tyd, ’n huisvriend wat gereeld by my ouers gekuier het.”
Bronstein het haar ouer suster, Freda, in Londen gekontak net om seker te maak die vrou in die skildery is wel Poppé. “Freda het haar ook herken. Freda (nou in haar 80’s) het gesê sy onthou ’n gesprek oor musiek wat sy met die tjellis gehad het.”
En dit is moontlik dat Stern daardie aand in 1943 in Bronstein se ouerhuis besluit het om Poppé te skilder. “Ek onthou ook vaagweg ’n bespreking van Irma wat haar wou skilder, maar kan nie seker wees nie,” het Bronstein gesê.
Volgens haar was Poppé destyds so 55 jaar oud en dit mag dalk die eerste keer wees dat Stern ’n skildery so bietjie “verromantiseer” het.
Mnr. Stephan Welz, ’n familievriend van Bronstein en kunskenner by Strauss & Kie., het gesê baie min mense was bewus van die bestaan van die skildery. Dit was 40jaar deel van ’n private versameling in Johannesburg. “Die eienaar het dit onlangs aan ons gebied vir môre se veiling,” het Welz gesê.
Stern was op die kruin van haar loopbaan toe sy Die tjellis in 1943 geskilder het. Die afslaer raam die waarde daarvan op R10 miljoen.
Die feit dat die tjellis se identiteit nou bekend is, dra by tot die geskiedkundige waarde van die skildery, maar nie soseer tot die geldwaarde nie, het Welz bygevoeg.
* Die tjellis is een van die belangrikste artikels op Strauss & Kie. se veiling môre by die Johannesburgse buiteklub in Woodmead. Twee Pierneefs en ’n Van Wouw-skildery word ook aangebied.
Vera Poppé (1885-1968) is in Kaapstad gebore, maar was van Russiese herkoms aan moederskant. Musiekkenners in Londen, New York, Chicago en ander Amerikaanse en Europese stede het haar as een van die briljantste tjelliste van haar tyd bestempel.






