Press Office
2011 Archive
- Dec 01. Chairman's Report 2011
- Dec 01. Art and Glass Sparkle at Strauss & Cos Cape Town Auction in February
- Nov 07. South African art records continue to be broken
- Oct 15. Gerard Sekoto at the Pinnacle of his Career
- Oct 14. Will tallest Sithole break new auction records?
- Sep 26. Strauss continues to set new South African art records
- Aug 29. Stunning Stern comes to the market
- Aug 23. Stunning Stern leads the field at Strauss & Co's Cape Town auction in September
- Jul 21. Over R718 000 raised for art bursaries at Michaelis
- Jul 05. ALUMNI AND STAFF EXHIBITION and AUCTION Michaelis School of Fine Art, University of Cape Town
- May 20. Greater Strength and Variety in the Art Market
- Apr 14. Good Value in Quality Art at Strauss & Co
- Apr 13. Pieter Wenning, an underrated artist
- Apr 01. Flower name raises over half a million
- Mar 16. Art beats JSE Index
- Mar 08. An expensive cup of coffee
- Feb 03. Two Early Cape Paintings
- Jan 28. Two milestones in South African Art back under the hammer
- Jan 21. Collectors spoilt for choice at Strauss & Co's Cape Town auction in March
Versamelaars gaan te veel hê om van te kies by Strauss & Co se Kaapstad-veiling in Maart
February 25, 2011 [ Archived ]
Hoewel Irma Stern steeds die rekord hou vir die hoogste prys wat al ooit in dié land betaal is vir 'n Suid-Afrikaanse skildery met haar Gladioli wat vir R13 368 000 op Strauss & Co se Oktober 2010-veiling verkoop is, is daar twee skilderye wat meeding om die hoogste eer by Strauss & Co se Maart 2011-veiling.
Stern se Lemon Pickers (R10 000 000 - R14 000 000) is een van die opwindendste skilderye wat die afgelope tyd op die mark gekom het. Nie net is dit van uitsonderlike gehalte nie, dit is ook ‘n vroeër kunswerk wat in 1928 geskilder is en bevestig het dat Stern ‘n unieke en baanbrekerkunstenaar onder haar tydgenote was. Die skildery beskryf Stern se visie van ‘n idilliese en ongerepte paradys. Sy het dikwels gesê dat sy uit ‘n brandende Europa gevlug het na 'n land van sterk kleure – 'n uitdrukking van die passie waardeur sy gedryf is. Soos Paul Gauguin het sy ‘n fantastiese en eksotiese alternatief gesoek vir die konvensionele Europese kultuur.
Daarenteen toon Jacob Hendrik Pierneef se Extensive Landscape Northern Transvaal (R10 000 000 - R15 000 000) al die kenmerke van sy volwasse styl. Hierdie tipiese bosveldtoneel naby Polokwane in Limpopo is deur die kunstenaar se unieke visie getransformeer. ‘n Panoramiese uitsig beklemtoon die blou lug daar ver en die oneindig wye landskap met sy prag, wat die blywende aspekte van die natuur beklemtoon, ten spyte van seisoensveranderinge.
Twee skilderye van ridderspore maak dit moontlik om Irma Stern se hantering van soortgelyke onderwerpe in verskillende media te vergelyk. Waar daar vir die vroeër gouache (R900 000 - R1 200 000) pastel-kleurafwisseling gebruik is om 'n rustige effek te skep, beklemtoon die olieverfskildery (R10 000 000 - R12 000 000) van vier jaar later die sterk kontraste van komplementêre kleure in ‘n komposisie wat met lewenskrag en drama versterk word.
Stern was op die toppunt van haar loopbaan toe sy Still Life with Camellias (R3 000 000 - R4 000 000) in 1940, Still Life of Roses and Apples (R7 000 000 - R9 000 000) in 1944 en Grand Canal, Venice (R4 000 000 - R6 000 000) in 1948 geskilder het. Soos wyle professor Neville Dubow in sy monografie oor die kunstenaar gesê het:
Die punt is dit: in die tydperk tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog het die uitmuntendheid van Irma Stern se kunswerke ‘n piek bereik wat met skilderye enige plek in die Weste vergelyk kan word as dit suiwer met die maatstaf van dinamiese kuns gemeet word – perseptueel en sensasioneel, in plaas van konseptueel en intellektueel, is dit suiwer kuns. Mens kan inderdaad haar werk van die 1940’s as van wêreldgehalte beskryf. In Suid-Afrika was daar niemand wat naastenby haar gelyke was wat haar impak op die plaaslike toneel betref het nie.
Pieter Wenning se Claremont, CP (R800 000 - R1 200 000) en Keerom Street, Cape Town (R700 000 – R900 000) gee vir ons twee komplementêre beelde van vroeë Kaapstad: een van die tipiese landelike voorstede en die ander van ‘n moderne stad in die vroeë twintigste eeu, terwyl Maggie Laubser se Oestyd (R400 000 – R600 000) ‘n idilliese landskap en plaaswerkers uitbeeld wat herinner aan die Malmesbury-omgewing waar sy grootgeword het.
Alexis Preller se Gold Kouros (R1 800 000 - R2 200 000) is deurdrenk met sy liefde vir Griekse kultuur en die perfekte manlike vorm, wat mens aan die tydloosheid van die Oudheid laat dink. In The Patio, Nerja (R600 000 - R900 000) beeld Stanley Pinker die aangename ervaring wat hierdie Spaanse kusoord bied met die sensualiteit en elegansie uit wat baie van die Franse kunstenaars soos Matisse kenmerk. Freida Lock se legendariese Boheemse leefstyl en haar voorliefde vir eksotiese onderwerpe kry lewe met tipiese flair in Two Coffee Pots (R700 000 – R1 000 000). Soos Walter Battiss gesê het: “Die varsheid van al Freida Lock se stilleweskilderye het ‘n nuwe waardering vir hierdie kuns na Suid-Afrika gebring.
Christo Coetzee se Et in Arcadia Ego (R120 000 - R160 000) besing die lof van Poussin se bekende skildery, die roosvensters van Notre Dame en die lewe se siklusse, en beeld terselfdertyd die retro-sjiek van Parys van die vyftiger- en sestigerjare uit.
William Kentridge se tekeninge (R180 000 - R240 000 en R180 000 - R220 000), wat betrekking het op die film Stereoscope, stel vloeiende assosiasies voor en bevestig wat die kunstenaar ‘n “gevoel van teenstrydige en komplementêre parallelle dele van die self” noem.
Suid-Afrikaanse fotograwe kry voortdurend internasionale lof maar hulle werk word selde hier versamelstukke. Nou kan versamelaars kies uit ‘n Goldblatt-handafdruk van sy In Boksburg-werkstuk (R70 000 - R90 000), ‘n Zwelethu Mthethwa uit sy Sugar Cane-reeks (R50 000 - R70 000), ‘n Mikhael Subotzky uit sy Beaufort West-reeks (R40 000 - R60 000) of ‘n paar van Andrew Putter se pragtige stillewes van die Hottentots Holland: Flora Capensis-reeks (R25 000 - R35 000 elk).






