Press Office

Maud Sumner die kunstenaar was ook 'n digter

Op die komende kuns-en oudhedeveiling van Strauss & Kie. in Johannesburg word 'n bekoorlike stillewe, Nature Morte, wat Maud Eyston Sumner in 1950 geskilder het, opgeveil.

Wie was hierdie vrou wat in 1902 in Johannesburg gebore is en 83 jaar later, in 1985, ook daar oorlede is?

 As skrander leerling wat in die woordkuns sowel as die skilder en tekenkuns belang gestel en uitgeblink het, was ´n loopbaan in die skone kunste haar voorkeur. Maak haar vader het daarop aangedring dat sy eers ´n akademiese rigting in die Engelse letterkunde moes volg. Sy het dit met soveel welslae gedoen, dat sy toelating tot die roemryke Oxford-universiteit in Engeland verkry en in 1922 die MA-graad in literatuur behaal het. Sy was onder meer ook ´n begaafde digter.

Nadat sy haar verpligting teenoor haar vader nagekom het, het sy in 1925 haar by die Westminster-kunsskool in Londen ingeskryf om in haar geliefde kunste te studeer. ´n Jaar later is sy na Parys, Frankryk, om by die Ateliers De Art Sacre (Ateljee van die Heillge Kunste) haar verder daarin te bekwaam. Haar leermeesters was George Desvallieres en Maurice Denis, bekend om die religieuse simboliek van hul kuns.  In 1932 het sy haar eerste kunsuitstalling gehou.


Maud Sumner Nature Morte 1950

Vir Maud was haar Franse jare besonder opwindend en kultureel verrykend. Sy het die Franse Post-impressionisme as kunsstyl verkies en onder haar tydgenote met wie sy in aanraking gekom het, was die meesters Henri Matisse, Eduard Vuillard, Gino Severini, Camille Claudel en Maria Blanchard, die Spaanse kubis met wie Maud ´n huis gedeel het.

Toe Walter Battiss in 1938 ´n kunstentoonstelling organiseer, het hy haar genooi om daaraan deel te neem. Hoewel sy die geleentheid nie bygewoon het nie, het sy van haar werke gestuur om ten toon gestel te word.

In 1939 is Maud na Londen, maar toe die Tweede Wéreldoorlog uitbreek, is sy terug na Johannesburg, waar sy tot 1946 gebly en 16 kunsuitstallings gehou het. Daarna het sy tussen die Goudstad, Londen en Parys gereis en geskilder.

In 1971 is ´n eremedalje vir die skone kunste deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ann haar toegeken. In 1976 het sy ´n retrospektiewe tentoonstelling oor vyf jaar gehou. Twee jaar later, toe sy in Parys was, het sy ´n beroerte gekry en moes na Johannesburg terugkeer. Sy het tot haar dood in 1985 daar gewoon.

 Vir Maud was haar skilderkuns ´n diep religieuse ervaring. Sy was ´n oortuigde Rooms-Katoliek wat God in die natuur gevind het.

Jewellery Week

Jewellery auctions are held twice a year in Cape Town, in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.