In the News

Preller se baaiendes behaal miljoen

'n Olieverfskildery van Alexis Preller in 1936 van vier naakte jonkmans wat baai, het Maandag in Nuweland, Kaapstad, net meer as R1 miljoen gehaal toe dit op Strauss en Kie. se lenteveiling van kuns en oudhede onder die hamer gekom het.

Die bedrag van R1 058 300 vir Boys Bathing, olieverf op doek, 69,5 cm x 84,5 cm, is in dieselfde prysklas as twee van sy ander skilderye wat in Junie vanjaar op ’n Strauss-veiling in Johannesburg opgeveil is. Toe het sy Primavera, wat hy in 1956 in olieverf op doek geskilder het, en Stillewe met eiers, wat hy in 1948 geskilder het, onderskeidelik R2 116 600 en R1 114 000 behaal.

Preller was maar 25 jaar oud toe hy Boys Bathing in 1936 geskilder het. Hy was bevriend met Christi Truter, ’n balletdanser wie se mooi, jong liggaamsbou Preller gefassineer het. Ook was daar ’n emosionele en kunssinnige empatie wat die twee mans gedeel het. Truter het as model vir Preller geposeer, en dit is hy wat in Bathing Boys in verskillende poseringsposisies uitgebeeld word.

Jewellery Week

Jewellery auctions are held twice a year in Cape Town, in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.