In the News

Irma Stern se 'tjellis' was superster Vera Poppé

Kaapstad. - Die raaisel van die identiteit van die vroulike tjellis wat die Suid-Afrikaanse kunstenaar Irma Stern in 'n skildery van 1943 uitgebeeld het, is pas opgelos.

Die oudhede-afslaer Strauss en Kie. van The Oval in Nuweland het laat weet daar is vasgestel dit was die internasionaal-bekende musikant Vera Poppé, een van die briljantste tjelliste van haar era

Ewe interessant is die feit dat Poppé, die dogter van ’n Russiese moeder, inderdaad in Kaapstad gebore is, luidens ’n dokument in die biblioteekargief van die universiteit van Iowa. Die foto van die tjellis as jong vrou, hiernaas, kom ook uit dié argief.

Luidens die argiefstukke het Poppé het van jongs af in musiek uitgeblink en ’n studiebeurs verwerf om aan die Royal Academy of Music in Londen te gaan studeer. Sy het daar gedebuteer en as solis saam met die Londense simfonieorkes in die bekende Albert Hall opgetree. In 1920 het sy ook saam met die Queen’s Hall Orchestra, die Cardiff Orchestral Society en ander orkeste opgetree.

Poppé is in 1922 na Amerika, waar sy in die Orchestral Hall in Chicago opgetree het. Die musiekresensent van die Chicago Daily Tribune, W.L. Hubbard, het oor Poppé se uitvoerings geskryf: “Die ryk, vol suiwere klank wat sy uit haar instument optower, die tegniese afronding en presisie is kenmerkend van alles wat sy doen, en die musikale smaak, gevoel en intelligensie wat sy demonstreer, maak van haar ’n musikant met buitengewoon aantreklike kragte. Kortom, Poppé besit elke meganiese vereiste, asook daardie hemelse vonk.”

En die resensent van The Toledo Blade, H.L. Hewes, skryf: “Vera Poppé, whose G string sings in tones to fit the fact of liquid velvet, and whose adroitness in bowing and double stopping is a gracious experience.”Europa was haar volgende bestemming waar sy by elke uitvoering staande toegejuig is. In Petrograd, Rusland, is sy geloof vir haar natuurlike talent en uitnemende opleiding, soos weerspieël in haar tegniek en uitdrukkingsvolle uitvoerings.

Irma Stern, ook ’n musiekliefhebber, het een van Poppé se uitvoerings bygewoon en was so diep geraak deur die jong Rus se intense spel, dat sy haar aan die musikant bekend gestel en die ekspressionistiese portret van haar in aksie met haar tjello in olieverf op doek, 101 cm x 83,5 cm, geskilder het, s
ê me. Emma Bedford, senior skilderyspesialis van Strauss en Kie.

Dié skildery was langer as 40 jaar in ’n private versameling en is nooit in boeke oor Stern vermeld of afgebeeld nie. Dit word op Strauss en Kie se komende veiling op 16 Mei in Johannesburg opgeveil. Die veilingswaarde word op R7 miljoen tot R10 miljoen geskat.

JRig navrae aan Strauss en Kie. by 0079 407 5140, 00793670637, 00117288246 of e-pos: jhb@straussart.co.za.

Jewellery Week

Jewellery auctions are held twice a year in Cape Town, in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.