In the News

Moses Kottler se makette op veiling te koop

Op die komende veiling van Strauss en Kie. op 7 Maart in die Vineyard Hotel in Nuweland word drie makette van die beeldhouer Moses Kottler (1892-1977) opgeveil. Dit is nie aldag dat Kottler se kunswerke te koop is nie, en daarom is dit ook nie vreemd dat een daarvan, The Thinker, se veilingswaarde op R100 000 geskat word nie. Die tweede werk, Man and Woman, word op 'n beskeie R30 000 geraam, en die derde, Painting, op R60 000.

In 1935 het Kottler in opdrag van die Johannesburgse openbare biblioteek agt figure gebeeldhou wat elk ’n afdeling van die biblioteek moes uit beeld. So was daar Literatuur, Beeldhouwerk, Argitektuur, Medisyne, Musiek, Geskiedenis, Filosofie en Skilderkuns.

Een van die afgietsels in brons van die maket vir Skilderkuns, of soos Kottler dit in Enegls genoem het, Painting, word op die veiling aangebied. Die beeldjie, van die Muse, op ’n voetstuk, is donkerbruin gepatineer.
Die maket vir Man and Woman, ook in brons en donkerbruin gepatineer, was in voorbereiding op ’n reliëf in beton vir die Bevolkingsregistrasie-gebou in Pretoria wat in 1957 voltooi is. Toe dit egter opgerig is en ’n foto daarvan in Die Transvaler verskyn het, was daar so ’n groot reaksie van verontwaardiging van die publiek omdat die figure, hoewel nie ekspisiet nie, halfnaak uitgebeeld word. Die indertydse minsiter van arbeid het toe om vredesonthalwe gelas dat die werk verskuif word. Dit is toe geskenk aan die William Humphreys-kunsmuseum in Kimberley, waar dit steeds bewaar word.Die omstredenheid van die kunswerk het daartoe gelei dat dit een van die kunswerke in Suid-Afrika is waaroor die meeste geskryf is.

Alexis Preller, wat die algemene beheptheid met die sogenaamde onsedelikheid van die beeldhouwerk kennelik verwerp het, het dit beskryf as die ideaal van die mens wat in staat is om vreesloos en met hoop aan die oneindige vas te hou. Die derde maket, The Thinker, is die tweede van twee gietsels in brons. Dit was Kottler se skepping vir die onderwerp Filosofie, vir die Johannesburgse openbare biblioteek.

Moses Kottler was van Joodse herkoms en het sy basiese kunsopvoeding aan die Bezalel-kunsskool in Jerusalem ontvang, waarna hy na München is vir verdere opleiding I die skone kunste. In 1915 het hy na Suid-Afrika gekom – waar sy ouers was – en het hy op Oudtshoorn gaan woon. Later is hy na Kaapstad en in 1929 het hy op ’n studiereis van drie jaar na Europa vertrek. Hy het toe na Johannes teruggekeer.

Prof. G. Dekker skryf in Ons Kuns, uitgegee deur Latern, dat Kottler verskillende genres beoefen het. Dit het gewissel van portretstudies tot monumentale werke. Hy het sy beeldhouwerk graag in brons, hout en klip uitgevoer. Daar was egter ook werke in gips uitgevoer. In 1949 het die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns hom met ’n goue medalje vereer.

 

Jewellery Week

Jewellery auctions are held once a year in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.