In the News
2010 Archive
- Oct 23. Pierneef se Bosveldbome simbolies van lewe
- Oct 22. Stern lilies in Strauss's highest-value sale
- Sep 18. Maud Sumner die kunstenaar was ook 'n digter
- Sep 10. Welz en die 'vloek van veilings'
- Sep 01. Pierneef Panele by Die Rupert Museum, Stellenbosch
- Aug 28. Pierneef het hom ook skildersvryhede vergun
- Aug 15. Polish your knowledge of jewellery
- Aug 01. Stephan Welz honoured for giving gallery new life
- Jul 27. Delighting and dealing in art
- Jul 26. Auctioneers find prized pieces in Eastern Cape
- Jul 23. Rare art find in EL worth more than R1m
- May 30. Rhodes statue led Welz to success
- May 28. Wêreldrekord van R7,575 miljoen vir Irma Stern-skildery
- May 26. Record price for Stern painting
- May 26. Skildery van Irma Stern behaal nuwe rekordprys
- May 26. Irma Stern-skildery behaal wêreldrekordprys
- May 15. Groot name in SA kuns kom onder hamer
- May 12. Art sale breaks mould
- May 09. Local art in full flower at major sale
Maud Sumner die kunstenaar was ook 'n digter
September 18, 2010 [ Archived ]
Op die komende kuns-en oudhedeveiling van Strauss & Kie. in Johannesburg word 'n bekoorlike stillewe, Nature Morte, wat Maud Eyston Sumner in 1950 geskilder het, opgeveil.
Wie was hierdie vrou wat in 1902 in Johannesburg gebore is en 83 jaar later, in 1985, ook daar oorlede is?
As skrander leerling wat in die woordkuns sowel as die skilder en tekenkuns belang gestel en uitgeblink het, was ´n loopbaan in die skone kunste haar voorkeur. Maak haar vader het daarop aangedring dat sy eers ´n akademiese rigting in die Engelse letterkunde moes volg. Sy het dit met soveel welslae gedoen, dat sy toelating tot die roemryke Oxford-universiteit in Engeland verkry en in 1922 die MA-graad in literatuur behaal het. Sy was onder meer ook ´n begaafde digter.
Nadat sy haar verpligting teenoor haar vader nagekom het, het sy in 1925 haar by die Westminster-kunsskool in Londen ingeskryf om in haar geliefde kunste te studeer. ´n Jaar later is sy na Parys, Frankryk, om by die Ateliers De Art Sacre (Ateljee van die Heillge Kunste) haar verder daarin te bekwaam. Haar leermeesters was George Desvallieres en Maurice Denis, bekend om die religieuse simboliek van hul kuns. In 1932 het sy haar eerste kunsuitstalling gehou.
Maud Sumner Nature Morte 1950
Vir Maud was haar Franse jare besonder opwindend en kultureel verrykend. Sy het die Franse Post-impressionisme as kunsstyl verkies en onder haar tydgenote met wie sy in aanraking gekom het, was die meesters Henri Matisse, Eduard Vuillard, Gino Severini, Camille Claudel en Maria Blanchard, die Spaanse kubis met wie Maud ´n huis gedeel het.
Toe Walter Battiss in 1938 ´n kunstentoonstelling organiseer, het hy haar genooi om daaraan deel te neem. Hoewel sy die geleentheid nie bygewoon het nie, het sy van haar werke gestuur om ten toon gestel te word.
In 1939 is Maud na Londen, maar toe die Tweede Wéreldoorlog uitbreek, is sy terug na Johannesburg, waar sy tot 1946 gebly en 16 kunsuitstallings gehou het. Daarna het sy tussen die Goudstad, Londen en Parys gereis en geskilder.
In 1971 is ´n eremedalje vir die skone kunste deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ann haar toegeken. In 1976 het sy ´n retrospektiewe tentoonstelling oor vyf jaar gehou. Twee jaar later, toe sy in Parys was, het sy ´n beroerte gekry en moes na Johannesburg terugkeer. Sy het tot haar dood in 1985 daar gewoon.
Vir Maud was haar skilderkuns ´n diep religieuse ervaring. Sy was ´n oortuigde Rooms-Katoliek wat God in die natuur gevind het.






