In the News

Pierneef het hom ook skildersvryhede vergun

Die geliefde Afrikaanse skilder Jacob Hendrik Pierneef (1886-1957) is bekend om sy werklikheidsgetroue uitbeeldings van veral plattelandse landskappe met plaasopstalle.


Jacob Hendrik Pierneef
Koringlande Agter-Paarl, 1952

Hy het hom soms wel ook kunstenaarsvryhede vergun om ´n meer gebalanseerde landskap op doek te skep wanneer die werklikheid nie so perfek was soos wat hy verlang het nie.

Me. Emma Bedford, senior skilderyspesialis van die oudhede-afslaer Strauss en Kie. van Nuweland, wou onlangs ´n Bolandse plaaslandskap in die distrikte Stellenbosch en die Paarl identifiseer wat in Pierneef se skildery Koringlande Agter-Paarl, 1952, uitgebeeld word.

Die berglandskap daarin het onteenseglik Klapmutskop, Kanonkop en Simonsberg uitgebeeld, asook die Stellenboschberge.  In die voorgrond het Pierneef ´n plaasopstal middein koring-en tabaklande uitgebeeld.  Sy voorliefde vir mooi geboue het hy gekry van sy vader, Gerrit, ´n meesterbouer en bouaanemer. 

Bedford het die skildery ann Mnr. Len Raymond, Bolandse boukundige wat die omgewing daar goed ken, gewys.  Hy het ann die hand gedoen dat die skildery op die plaas Uitkyk bo Kanonkop en Nattevallei gedoen is en dat die plaas Warwick ook uitgebeeld word.  Maar die plasing van die geboue, die gebrek aan eikebome en die uitgestrekte graanlande het hom aan die presiese ligging laat twyfel.

Bedford het verder gesoek en onder andere die eienaars van Warwick en Joostenberg om hul mening gevra.  Oook het sy Google Earth se panorama bestudeer.  Die wynskryw-er Tim James en van die plaaseienaars het voorgestel dat sy ook by Eenzaamheid aanklop.

Die soektog het metertyd uitgebrei na Matjieskuil (Hawksmoor Manor), Eenzaamheid van die familie Briers, Hercules Pilaar, Muratie en Hohenfelde.  Op Eenzaamheid het Mnr. Christo Briers-Louw en sy vrou, Karina, die geboue in die skildery geëien.  “Maar dis nie my berge nie,” het Christo gesê.  Die egpaar het Bedford die plaas rondgewys en sy het talle foto's van die geboue en die uitsig geneem.  Christo het onder meer die oorspronklike pioniersgebou aan haar getoon.  Dit is ´n lang gebou wat ontwerp was om alle aspekte van die plaasbedrywighede te kon akkommodeer van huisvesting tot stalle, ´n melkkamer, tuiekamer, pakkamers, hooiskuur en so meer.  Tans dien dit as wynproesentrum en gastehuis.

Bedford het ook vasgestel dat Bolandse boere in die 1950's tabak en graan verbou het.  Ná sorgvuldige oorweging het sy tot die gevolgtrekking gekom dat Pierneef die onder skeie elemente van die skildery saamgevoeg het soos wat sy kunstenaarsoog en sin vir balans dit gedikteer het.  Alles wat daarin uitgebeeld word, is in ´n hoë mate werklikheidsgetrou, maar die geheelbeeld is uniek.

Die skildery in olieverf op bord, 53 by 84cm, word op R3,5 miljoen gewaardeer.  Dit kom op 11 Oktober op Strauss en Kie. se lenteveiling in die Vineyard Hotel, Nuweland, onder die hamer. 

Jewellery Week

Jewellery auctions are held once a year in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.