In the News

Skildery van Irma Stern behaal nuwe rekordprys

'n Nuwe wêreldrekordprys vir 'n Suid-Afrikaanse skildery is eergisteraand vir 'n Irma Stern-werk betaal.

Haar Stillewe met swaardlelies en vrugte is op ’n veiling van die afslaer Strauss & Kie by die Johannesburgse Buiteklub vir R7,57 miljoen van die hand gesit. Dit verbeter Stern se eie wêreldrekord wat in Maart verlede jaar opgestel is met meer as R400 000. Toe is R7,15 miljoen vir haar werk Magno-lias in ’n erdepot betaal.

Me. Bina Genovese van die afslaer het gister bevestig dat die skildery in Suid-Afrika bly. Sy wou egter nie die koper se identiteit bekend maak nie. Stern se onbetwiste leierskap as die voorste Suid-Afrikaanse skilder is op die veiling bevestig deurdat net vier van haar werke saam ’n reusagtige R22 miljoen behaal het.

Die ander drie werke is Stillewe met magnolias en pampoene (R6,12 miljoen – die geraamde waarde was maar R3 miljoen), ’n Stillewe van dahlias en vrugte (R4,23 miljoen) en Stillewe met proteas in ’n vaas (R3,89 miljoen).

Mnr. Stephan Welz, afslaer en besturende direkteur van Strauss & Kie, het gesê die pryse wat op die veiling behaal is, bewys dat gehalte-kunswerke selfs tydens ’n ekonomiese resessie ’n hoë waarde het. Stern het die nuwe wêreldrekordhouer in 1934 geskilder. Die groen vaas waarin die swaardlelies gerang-skik is, was een van haar eie vase en haar gunsteling. Sy het dit ook in ander werke gebruik.

Nog hoë pryse is vir Alexis Preller se The flower king (R2,9 miljoen) en African figures, ’n gekerfde en geverfde houtpaneel van wyle Cecil Skotnes (R2 miljoen), betaal.

Gepubliseerd deur Die Beeld


Jewellery Week

Jewellery auctions are held once a year in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.