In the News
2010 Archive
- Oct 23. Pierneef se Bosveldbome simbolies van lewe
- Oct 22. Stern lilies in Strauss's highest-value sale
- Sep 18. Maud Sumner die kunstenaar was ook 'n digter
- Sep 10. Welz en die 'vloek van veilings'
- Sep 01. Pierneef Panele by Die Rupert Museum, Stellenbosch
- Aug 28. Pierneef het hom ook skildersvryhede vergun
- Aug 15. Polish your knowledge of jewellery
- Aug 01. Stephan Welz honoured for giving gallery new life
- Jul 27. Delighting and dealing in art
- Jul 26. Auctioneers find prized pieces in Eastern Cape
- Jul 23. Rare art find in EL worth more than R1m
- May 30. Rhodes statue led Welz to success
- May 28. Wêreldrekord van R7,575 miljoen vir Irma Stern-skildery
- May 26. Record price for Stern painting
- May 26. Skildery van Irma Stern behaal nuwe rekordprys
- May 26. Irma Stern-skildery behaal wêreldrekordprys
- May 15. Groot name in SA kuns kom onder hamer
- May 12. Art sale breaks mould
- May 09. Local art in full flower at major sale
Irma Stern-skildery behaal wêreldrekordprys
May 26, 2010 [ Archived ]
Kaapstad - 'n Nuwe wêreldrekordprys vir 'n Irma Stern-skildery is Maandagaand in Johannesburg behaal toe R7,575 miljoen op Strauss & Kie. se kunsveiling vir haar olieverfskildery Stillewe met Gladioli en Vrugte van 1934 betaal is.
Dit is die hoogste prys wat ’n Suid-Afrikaanse stillewe nóg behaal het en is R425,000 meer as die rekordprys wat betaal is vir Stern se Magnolias in ’n Erdepot, wat begin verlede jaar vir R7,15-miljoen op Strauss en Kie. se eerste veiling verkoop is.
Drie ander Stern-olieverfskilderye het Maandag ook besonder hoë pryse op die veiling behaal. Stillewe met Magnolias en Pampoene (geen datum) is vir R6,127-miljoen verkoop, Stillewe met Dahlias en Vrugte (1960) vir R4,233,200 en Stillewe met Proteas in ’n Pot (1946) vir R3,899-miljoen.
Kenmerkend van die veiling was die hoë pryse wat ook vir die werke van ander Suid-Afrikaanse kunstenaars betaal is. Vir Alexis Preller se Die Blomkoning (1970) is R2,896,400 betaal, en vir Cecil Skotnes se Afrikaan-figure (1965) R2,005,200. Maud Sumner se natuurtoneel in Skotland by ’n meer, Paysage Ecossais, is vir R1,448,200 verkoop. Die veiling het altesaam R40,4-miljoen geïn.
Die afslaer en besturende direkteur van die firma, mnr. Stephan Welz, het ná die veiling, wat deur sowat 200 mense bygewoon is, gesê: “Veilingsuitslae soos hierdie bewys dat selfs gedurende ’n ekonomiese insinking topgehalte-kunswerke hoë pryse behaal.”
Strauss en Kie. het vanjaar reeds nagenoeg R80-miljoen op sy kuns- en oudhede-veilings behaal. Nog twee sulke veilings word later vanjaar aangebied. Dit gee ’n goeie aanduiding dat met die wisselvalligheid van die aandelebeurs en ’n onsekere ekonomie aan die orde van die dag, beleggers toenemend waarde aan antieke ware en die skone kunste heg.






