In the News

Groot name in SA kuns kom onder hamer

Stephan Welz behartig op 24 Mei 'n veiling namens Strauss en Kie. waartydens kunswerke van Suid-Afrika en Brittanje onder die hamer gaan kom.

Die veiling word om 16:00 en 20:00 in die Johannesburgse buiteklub in Woodmead gehou. Een van die hoogtepunte op die voorraadlys is ’n skildery deur J.H. Pierneef wat uit 1949 dateer. Die skildery, Barberton, se geskatte waarde is tussen R700 000 en R1 miljoen.


Irma Stern se Stillewe met proteas in ’n vaas
is een van die werke wat op 24 Mei deur
Stephan Welz in Johannesburg
opgeveil gaan word.

Versamelaars kan ook uitkyk na ’n verskeidenheid stillewes uit verskillende tydperke van Irma Stern se loopbaan. Dit strek van ’n vroeë stillewe wat in 1934 geskilder is tot een wat uit so laat soos 1960 dateer. Een van die werke waarna mense kan uitsien is Stillewe met swaardlelie en vrugte, waarvan die waarde geskat word op tussen R4 miljoen en R5 miljoen. In die skildery is die fokuspunt ’n groot groen vaas met ligpienk bloeisels, aangevul deur rooskleurige lyne wat in die pienk tafeldoek met polkakolle herhaal word.

Daar is ook werk van Maggie Laubser om voor uit te kyk. Maurice van Essche se Maleisiese vrou met ’n koffiepot se waarde word geskat op tussen R400 000 en R600 000. Dit is in 1965 geskilder. Maud Sumner se Die Teems teen sononder se waarde word geskat op tussen R300 000 en R500 000 en gaan ook op die geleentheid opgeveil word.

Kyk ook uit na Die blomkoning deur Alexis Preller, waarvan die waarde op tussen R800 000 en R1,2 miljoen geskat word. Ander kunstenaars wie se werk onder die hamer gaan kom sluit in Edoardo Villa, Cecil Skotnes, Sydney Kumalo, Giuseppe Cattaneo en Cecily Sash.

Die hoogtepunte van die veiling word op 22 Mei om 11:00 deur Welz bespreek.
Skakel 011 728 8246 vir meer inligting.

Gepubliseerd deur Die Beeld


Jewellery Week

Jewellery auctions are held once a year in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.