In the News

Welz se lente-veiling mik na 'n rekord

Strauss & Co., die afslaer wat vroeër vanjaar sy eerste veiling in Johannesburg gehou het, se lenteveiling vind op Maandag 7 September in die Woodmead-buiteklub, Johannesburg, plaas.

Dié veiling het dalk nie werke met dieselfde individuele waarde as dié op die Maart-veiling nie, maar daar is onder die 365 werke nietemin uitsonderlike skilderye en beeldhoustukke – onder meer dié van Edoardo Villa, werke deur die Everard-groep, Maggie Laubser, Frieda Lock, Frans Oerder, Gregoire Boonzaier, Gerard Sekoto en Alexis Preller.


Alexis Preller se Primavera Profile, 1964,
olie op doek (74,5 x 59cm), een van die werke op
Strauss & Co. se lenteveiling.

Daar is vir die eerste keer ook drie oorspronklike spotprenttekeninge deur Zapiro (Jonathan Shapiro) – werke met ’n politieke strekking wat na onlangse nuusgebeure verwys.
Benewens werke van ouer kunstenaars bied die veiling ook etlike werke van kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Deborah Bell, Norman Catherine, Keith Dietrich en Peter Schütz.
Volgens Stephen Welz, uitvoerende hoof van Strauss & Co., is dié afslaer se oogmerk om voor die einde van die jaar die voorste kunsveilingmaatskappy (gegrond op verkope) in die land te wees.
“Ons glo soveel in die werk wat onder ons hamer deurloop dat ons bereid is om tot ’n jaar ná elke betrokke veiling werk terug te koop sou die koper nie tevrede wees daarmee nie.
“Op hierdie manier streef ons daarna om by te dra tot die statuur van die kunsveilingmark in die land,” sê Welz.

Die geraamde inkomste vir dié veiling is tussen R22 miljoen en R33 miljoen en is derhalwe een van die grootste kunsveilings vanjaar, sê Welz.

Op sy eerste veiling het Irma Stern se Magnolias in an Earthenware Pot R7,15 miljoen gehaal – ’n wêreldrekord vir ’n stillewe van dié kunstenaar.
Die lenteveiling is verdeel in twee sessies – Suid-Afrikaanse skilderye, tekeninge, grafiese werk en beeldhouwerk kom om 15:30 aan die bod en om 20:00 begin die veiling van belangrike Britse, Europese en Suid-Afrikaanse skilderye en beeldhouwerk.

Die twee veilings word op Maandag 7 September gehou. Die werke kan op 4, 5 en 6 September van 10:00 tot 18:00 besigtig word.
Die Woodmead-buiteklub is op die hoek van Lincolnweg en Woodlandsrylaan in Woodmead.
Vir meer inligting skakel 011 728 8246 of besoek www.straussart.co.za.

Gepubliseerd deur Die Beeld
 

Jewellery Week

Jewellery auctions are held once a year in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.