In the News
2009 Archive
- Dec 05. Stephan Welz: Art expert and autioneer
- Nov 02. Emma Bedford's new direction
- Oct 03. Quality pieces up for auction
- Sep 24. Freida Lock se 'Kombuis' haal R1 milj.
- Aug 28. Art Investment: Short SAB Long Stern
- Aug 20. Welz se lente-veiling mik na 'n rekord
- Mar 20. Art Investment: Hot prices, cool heads
- Feb 15. The great comeback
- Jan 26. Skool se beoogde veiling van Africana onder skoot
Skool se beoogde veiling van Africana onder skoot
January 26, 2009 [ Archived ]
"Suid-Afrikaners met 'n waardering vir die kuns van hul meesters behoort dit glad nie te aanvaar dat skilderye uit die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch se waardevolle kunsversameling uit die land geneem en in Londen verkoop word nie."
Só sê mnr. Louis Schachat, eienaar van Die Kunskamer in Kaapstad en een van die mees ge-rekende kenners en handelaars van Africana-kuns in die land.
“Daar is ’n veel groter waarde te heg aan hierdie skilderye as bloot die kommersiële. Ek twyfel ook of ’n oorsese veiling die beste wyse is om daarvan ontslae te raak as dit dan nou verkoop móét word.” Hy is om kommentaar genader na aanleiding van berigte dat die skool se beheerraad die Londense afslaer Bonhams versoek het om skilderye deur Maggie Laubser, Jacob Hendrik Pierneef en Alexis Preller uit sy unieke kunsversameling van 45 werke, oor vier dekades byeengebring deur die bond van oud-leerlinge, op 3 Februarie op te veil. Die skool wil die opbrengs in eiendom belê wat hy vir verblyf aan onderwysers kan verhuur.
“Hierdie werke is histories belangrik, want dit gaan ook oor die Bloemhof-skool self én oor sy oud-leerlinge, oor die opvoedkunde en die geskiedenis. Dit gaan óók oor emosies.
“Dit behoort nie van Bloemhof vervreem te word nie. Verbeel jou wat sal gebeur as die Hoërskool Jan van Riebeeck, byvoorbeeld, sou besluit om stukke uit sy Boerneef-kunsversameling vir watter doel ook al te verkoop. Dit is mos haas ondenkbaar.”
Dit is verder ’n wanopvatting dat as Suid-Afrikaanse kuns, veral Africana, oorsee verkoop word, dit beter pryse sal behaal, sê Schachat. Hoewel daar ook buitelanders is wat in dié kuns belang stel, is verreweg die meeste versamelaars Suid-Afrikaners hier ter plaatse.
Schachat sê hy vind dit in elk geval verbasend dat ’n plaaslike afslaer, soos Stephan Welz, nie eerder genader is om die Bloemhof-skilderye – Indiese meisie met Poinsettias van 1936 deur Maggie Laubser (1886-1973), Golden Gate, Clarence van die 1950’s deur Pierneef (1886-1957), en Stillewe met Krokodil van 1949 deur Preller (1911-1975) – op sy veilings te verkoop nie.
Welz se veilings is wyd bekend om die rekordpryse wat dit jaar ná jaar vir Suid-Afrikaanse kuns en meubels behaal.






