In the News

Kunsbeleggers lek lippe af vir afslaer-stryd

Vir die eerste keer in baie jare gaan beleggers in kuns van Maart aanstaande jaar 'n keuse hê waar hulle hul beleggings wil koop-"en ons sien baie uit na dié nuwe opsie"

Die afslaer Stephan Welz (Sotheby’s) was die laaste dekades die top-afslaer in die land waar beleggers hul gehalte-kunswerke kon koop.

Maar op 9 Maart skop ‘n nuwe rolspeler, Strauss & Co, met sy eerste veiling af by die Johannesburgse buiteklub. Een van die leidende figure in Strauss & Co is juis mnr. Stephan Welz.

Welz het enkele jare gelede sy bande met Stephan Welz (Sotheby’s) verbreek. Sy gesondheid is destyds as rede aangevoer waarom hy weg is. Maar sedertdien het hy herstel en nou het hy in samewerking met bekendes in die sakewêreld die nuwe afslaermaatskappy gestig.

Onder sy vennote tel me. Elizabeth Bradley, voorsitter van Strauss & Co. Mnr. Francis Antonie is ‘n gewese direkteur van die Bestuurskool van Wits en dr. Conrad Strauss gewese voorsitter van die direksie van Standard Bank. Welz self word as dié kundige van Suid-Afrikaanse kuns in die land beskou.

Hy sê gister Strauss & Co se eerste veiling word op 9 Maart gehou. “Ons het reeds ‘n groot aantal uitstaande kunswerke vir die veiling ontvang en beleggers is gaande daaroor. Een daarvan is Frans Oerder (1867-1944) se “Stillewe van magnolias”. Dié skildery hou die rekord vir die meeste afdrukke van ‘n oorspronklike werk. Ons hoop om die die buiteklub ons permanente veilingtuiste te maak. “Ja, uiteraard verwag ek dat daar mededinging tussen ons en Stephan Welz (Sotheby’s) gaan wees. Dit gaan egter vir ons nie daaroor nie. Ons wil niemand uit die mark dryf nie. Ons wil net veilings van gehalte aanbied.” Beleggers sê die naweek die feit dat mense soos Bradley, Antonie en Strauss betrokke is, gee aan Strauss & Co “die binnebaan” omdat van die grootste kunsbelegers juis sakelui is. Veral Bradley besit ‘n groot versameling. Navrae oor die eerste veiling kan by 011 728 8247 gedoen word.
 

Jewellery Week

Jewellery auctions are held twice a year in Cape Town, in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.