In the News

Kunswerk en prulwerk word ewe duur

As 'n kunstenaar vir jou moet verduidelik wat hy probeer sê terwyl die werk visueel, konseptueel, sensueel niks vir jou doen nie, nouja ...

Stephan Welz, kunskenner, afslaer en T –persoonlikheid uit die kunstenaarsfamilie Welz, trek sy skouers op.

Dis ‘n paar maande nadat hy in Johannesburg ‘n paar klippe in the bos gegooi het met ‘n toespraak by die opening van die tentoonstelling Highlights from 10 Years of Collecting for the Sanlam Art Collection.

Dit was weens sy irritasie met die onkundige kooplus wat die kunsmark skeeftrek day hy die klippe begin slinger het. Vir die doel het hy Tom Stoppard, die dramaturg, aangehaal:

Vaardigheid sonder konsep is blote vakmanskap. Dit lewer nuttige voorwerpe, soos gevlegte piekniekmandjies. Konsep sonder vaardigheid is modern kuns.”

Dit was natuurlik geen verwysing na die gerespekteerde Sanlam-versameling nie. Kenners het daardie versamling deur die jare saamgestel deur met ‘n fyn oog die koring van die kaf te skei.

Maar Weltz wou nie langer stilbly oor die skeeftrekking van die huidige kunsmark nie. En op Rapport se versoek brei hy nou uit op sy uitlatings.

Die skeeftrekking is nie net omdat belangrik hoë pryse betaal word vir middelmatige tot swak werke nie. Die verskil in prys vir werke van hoë gehalte deur uitsoekkunstenaars is net so vreemd, se hy.

“Hoe verklaar jy byvoorbeeld die groot prysverskil tussen, sê maar, ‘n Irma Stern wat by die R8 miljoen kan haal, en ‘n ewe goeie werk uit ongeveer dieselfde tyd deur byvoorbeeld Maud Sumner wat nie eens R500 000 ruik nie.

Dan is daar nog die glans wat om sommige kunstenaars geskep word sodat die pryse van hul werk styg.

Twee jaar gelede is ‘n uitsekende Gerald Sekoto-waterwerf byvoorbeeld vir R220 000 opgeveil. Agtien maande later haal dieselfde werk meer as drie keer soveel.

Dit het waarskynlik te doen met die feit dat kunstenaars handelsname geword het. Die koperspubliek hoor die klok lui maar weet nie waar die klepel hang nie. Hulle begin dan “handtekeninge” koop en die intergriteit van die werk word bysaak.

“Tussen elke kunstenaar se meesterstukke is daar tog ook flops, maar wat pryse betref ry hierdie flops op die rug van meesterwerke, word vir ewe hoe pryse verkoop.

“Ek het onlangs gesien ‘n Sekoto is vir R400 000 verkoop, maar met daardie bepaalde werk sal ‘n matriekleerling nie sy eindeksamen slaag nie.”

Wat die handtekeningjagters in die kunsmark nie besef nie, is dat Sekoto se meesterwerke uit sy vroeë tydperk kom, veral toe hy nog in Suid-Afrika gewoon het. Later in Parys en Senegal het veral prulwerke uit sy kwas gevloei.

Die media, wat graag oor rekordpryse op veilings berig, voed hierdie skepping van “handelsname”, se Welz.

Dis inderdaad nuuswaardig as ‘n Suid-Afrikaanse kunserk deur Irma Stern vir R8 miljoen en ‘n Pierneef vir R12 miljoen in Londen verkoop word. Maar wat mense nie besef nie, is dat dit nie beteken elke Stern of Pierneef is ‘n soortgelyke prys werd nie.

Welz se die tydperk waarin die werk gedoen is, of dit ‘n belangrike moment in die kunsgeskienis aandui en die stillistiese en inhoudelike element moet alles reg wees om so ‘n prys te regverdig.

Nie dat dit net in Suid-Afrika gebeur nie. Picasso het self gespot dat sy handtekening op sigself die prys werd is toe hy ‘n keer net sy handtekening op ‘n opgeblaasde ballon gemaak en dit toe laat bars het.

“Die problem is, nie net private kopers nie, maar kunshandelaars en institusionele kopers jag hierdie sogenaamde “beleggingsname”. Prul het net in die hitte van die oomblik, wanneer dit die geur van die maand is, enige waarde. Die glans verdwyn en dan is die ontnugtering groot,” se Welz.

Hy verwyt kunsmuseums wat nie meer hul opvoedingstaak vervul om die publiek visueel te skool en kunshistories in te lig nie.

Een van die min uitsonderings is die William Hymphreys- museum in Kimberley, maar Welz meen ‘n mens moet maar vergeet om ‘n verteenwoordigende blik op Suid-Afrikaanse kuns by the Nasionale Galery in Kaapstad te soek. Elke saal is gevul met wat die museum hoop ‘n nuwe besoekersgenerasie tevrede sal stel.

Jy moet maar Stellenbosch toe ry waar die Rupert-museum ‘n barometer is van wat goed was in die 20ste-eeuse kunsgeskiedenis van Suid-Afrika, se Welz. Die Rupert-egpaar sou nie ‘n kwart van die pryse betaal het wat sommige mindere werke van goeie kunstenaars vandag in die groot handtekeningejag haal nie.

Stephan Welz het onlangs by ‘n nuwe kunsveilinghuis, Strauss & Co, aangesluit. Dis gestig deur bekende sakelui met ‘n passie vir kuns. Hulle is Elizabeth Bradley, Conrad Strauss, Francis Antonie en Mary-Jane Darroll. Hul missie is om die beste beskikbare Suid-Afrikaanse kuns plaaslik aan Suid-Afrikaners te verkoop soda tons erfstukke nie na buitelandse versamelings gaan soos wat tans die geval is nie.

 

Jewellery Week

Jewellery auctions are held once a year in conjunction with visits by international jewellery expert Joanna Hardy

Subscriptions

If you want to keep abreast of the top end of the SA art market, our catalogues are essential reading.

Videos & Commentary from Stephan Welz

Informative video footage and commentary by Stephan Welz and colleagues.

Stephan Welz

South Africa's leading fine art expert and auctioneer.

Thinking of Selling?

Strauss & Co's team of esteemed experts can help you. Please contact us for an obligation free appraisal.

What is my painting or work of art worth?

Our experts are at your disposal to promptly supply you with estimates.